Ons Leraars
Ds. Johan Dawid
As seun van ‘n sendeling egpaar word ek, Pierre Johan David, op 24 Januarie 1970 op Morgenster in die destydse Rhodesië (Zimbabwe) gebore. Toe ek twee jaar oud was, het ons gesin na Suid-Afrika teruggekeer. Alhoewel ons vir ‘n baie kort tydjie in Delareyville gewoon het, het ek op Daniëlskuil in die Noord-Kaap grootgeword. My pa was die leraar van die NG Gemeente Daniëlskuil vanaf 1974 tot en met die aanvaarding van sy emeritaat in 1992. Dit was die wonderlikste jare van grootword met al die vryheid en sorgeloosheid wat die platteland aan ‘n lewenslustige seun kon bied.Ek matrikuleer aan die einde van 1988 aan die Hoërskool Daniëlskuil met die gedagte om ingenieurswese aan die PU vir CHO te gaan studeer, min wetende dat die Here ander planne vir my lewe het. Na ‘n intense worsteling oor my toekoms, gee ek myself in gehoorsaamheid aan die Here oor en begin my teologiese studies in 1990 aan die destydse UOVS. Aan die einde van 1995 voltooi ek my studies en word as proponent in die NG Kerk gelegitimeer.Aan die einde van 1991 trou ek met my skool liefde, Lilian. In Februarie 1997 bederf die Here ons met Lanri, die lieflikste dogter wat ʼn ouer voor kan wens. Sy trou in 2019 met Frik, ‘n wonderlike skoonseun. Frik en Lanri woon tans in Bloemfontein. Frik is ‘n mediese verteenwoordiger en Lanri is ‘n onderwyseres. Na ‘n kort kuier van vier maande in Bultfontein, waar ek ‘n proponent pos bekleë het, word ons na die NG Gemeente Greylingstad beroep. Greylingstad is ‘n baie klein dorpie en is geleë tussen Heidelberg (Gauteng) en Standerton. Ten spyte daarvan dat die land steeds in ‘n politieke warboel was, wat syBladsy 2 van 4eie bedienings uitdagings gebring het, geniet ons die wonderlike warmte van die platteland In 2000 word ons na die NG Gemeente Brandfort-Oos beroep. Hier kry Lilian die geleentheid om haar lewensdroom, om as onderwyseres te kwalifiseer, te verwesenlik. Hier het ek weereens die seën van die Here in die bediening beleef. Die groei van ‘n gemeente op baie terreine was wonderlik om te.Weekliks word ‘n geestelike boodskap op Kruiskyk uitgesaai, asook ‘n kort gedagte vir die week op sosiale media versprei. Hieruit vloei heelwat pastorale begeleiding en gebedsversoeke.In Mei 2016 word ek as leraar na die NG Gemeente Bloemfontein-Wes beroep. Alhoewel dit ‘n gemeente met ‘n redelike unieke aard en ‘n interessante samestelling is, is dit die grootste vreugde om deel van God se bediening in hierdie gemeente te wees. Die gemeente het baie min werkende mense en bestaan meestal uit senior persone, asook kinders wat in die Jeugsorg sentrum woon.Genesis 1:26 (Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers …) is die kern van my bedienings roeping. Wanneer mense God se beeld vertoon en as sy verteenwoordigers leef, word God verheerlik en die mens ervaar ‘n vervulde lewe. Om mense te help om God met hul lewe te verteenwoordig en sodoende die Godgegewe doel vir hul lewe uit te leef, laat my hart warm klop. Dit is die rede waarom ek deur Academy of York en Perspektief Opleidingskollege gestudeer het en as lewens afrigter (“life coach”) gekwalifiseer het.My lewe borrel en bruis as ek die Here kan dien, naby my gesin kan wees en ander mense kan bedien. Ek glo dat ‘n mens altyd soekend na geluk bly as die Here nie die middelpunt van jou lewe is nie en jy nie jou lewe met hartsmense kan deel nie.