Ons Geskiedenis
Die NG gemeente Uitsig het in 1969 afgestig van die NG Gemeente Monument wat in 1949 gestig is. Die nuwe kerkgebou is op 11 Augustus 1973 ingewy. Die hoeksteen is gelê op 14 Oktober 1972 deur Ds D.A. Hattingh wat ook die eerste leraar van die gemeente was. Die eerste diens en doop was gehou 12 Augustus 1973. Op 1 September 1998 het NG Gemeente Monument weer saam gesmelt met NG Uitsig.