Jesus dra Sy kruis – Stasie 2

(Markus 15:20).
Toe Jesus Sy kruis opgeneem het, het Hy meer as net ‘n stuk hout gedra. Onbekend aan baie van die toeskouers daardie dag, het Jesus die sondes van die mensdom gedra en die straf wat daardie sondes verdien het, wat Hy voor bestem was om te ly, ter wille van die mens. Jesus vermaan ons in Matt 16:24 “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en My volg.” Hy openbaar ook dat dit nie ‘n opsie is nie: “Hy wat nie sy kruis dra en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie” (Matt 10:38). Om ons kruis op te neem, ‘n instrument om te sterf, beteken om aan onsself te sterf, met die doel om heeltemal as nuwe skepsels te lewe (2 Kor 5:17), in diens en gehoorsaamheid aan Christus. Dit beteken om ons wil aan God oor te gee: ons emosies, ons ambisies en ons begeertes. Ons moenie ons eie geluk soek as die hoogste prioriteit nie, maar gewillig wees om alles, ook ons lewens neer te lê en oor te gee, indien dit van ons gevra word.

Jesus is gegésel en met dorings gekroon (Luk 23:63-65)


Die genesing waarna in hierdie gedeelte verwys word, is geestelike genesing of genesing van sonde. Sondevergifnis en herstel tot God se guns word dikwels gesien as ‘n genesingsaksie. Meer as vyfhonderd jaar voordat Maria aan Jesus geboorte gegee het, het Jesaja geprofeteer dat Jesus vir ons oortredinge deurboor sou word (Jes 53:3-6) en vir ons ongeregtighede souHy verbrysel word en deur Sy wonde sou daar vir ons genesing kom.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *