Jesus word aan die kruis vasgespyker, die Kruisiging – Stasie 11
(Luk 23:33-47)
Dit is moeilik om tweeduisend jaar later die wreedheid van die oomblik vir ons voor te stel, toe hulle wat die naaste aan Jesus was, geforseer was om hulpeloos toe te kyk hoe die spykers deur Sy hande en voete in die houtwerk geslaan word, waarop Hy Sy laaste asem as mens sou uitblaas (Luk 23:44-46). Sy geliefdes en dissipels het nie volledig verstaan wat die betekenis was van wat plaasgevind het nie. Hulle was toe nog nie by magte om te verstaan dat hierdie bose daad van mense die resulaat van ‘n goddelike doel en beplanning was, vir die verlossing van almal wat in Christus sou glo nie. Vir ons vandag, “hoe sal ons dan ontkom as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam het?” (Heb 2:3). “Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Hand 4:12).