Jesus se liggaam is in die graf geplaas – Stasie 14
Luk 23:50-54
Nadat Jesus gesterf het en van die kruis afgehaal is, is Hy te ruste gelê in ‘n graf, wat deur ‘n man met die naam Josef voorsien is. Hy was ‘n Jood van die dorp Arimathea (Luk 23:50-54). Josef was ook ‘n lid van die Sanhedrin, maar was gekant teen die verhoor en kruisiging van Jesus. Josef het in die geheim geglo dat Jesus die Messias was, na aanleiding van die Skrif, maar het uit vrees vir die gevolge dit nie in die publiek erken nie (Joh 19:38). Na Jesus gesterf het, het Josef in die geheim na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gaan vra, sodat hy ‘n behoorlike begrafnis kon voorsien. Jesus se groot offerande was nie slegs die versoening vir die mens se sondes nie, maar dit het ook die dood oorwin, wat andersins die onvermydelike noodlot vir alle mense sou wees, wat onder die sondevloek gebore word. Sonde dra sy eie onontkombare straf en dit is die dood. Ons Skepper is regverdig en het so bepaal dat die straf vir sonde betaal is, want God is liefdevol en genadig, sowel as regverdig. Hy het Sy eniggebore Seun gestuur om die straf vir ons sondes te betaal, omdat Hy geweet het dat almal verdoem is tot in alle ewigheid (Joh 3:16). God se liefde en genade is by uitstek gedemonstreer deur Jesus se woorde, toe Hy sterwende aan die kruis gehang het en God gevra het om hulle te vergew, wat Hom in hul onkunde doodgemaak het (Luke 23:34). Dit is maklik om te vermoed dat die mens se onwilligheid om ten volle God se Woord en Wet te gehoorsaam ‘n tekort aan kennis en wysheid was. Die ironie is egter dat die verganklikheid wat dit vir Jesus aan die kruis meegebring het, geestelike verganklikheid vir diegene geword het, wat nie bevoeg was om dieselfde onkunde te oorkom wat die hedendaagse mensdom nog steeds pla nie. Die sondige mens wat weier om die geskenk van verlossing te aanvaar, wat Jesus moontlik gemaak het deur Sy offerande, is sekerlik die produk van rebellerende onkunde en sonde wat ‘n mens van God se wysheid skei.
