Veronica vee die bloed van Jesus se gesig – Stasie 6
Die sesde stasie is by ’n kapel, halfpad teen die heuwel op. Hieraan is die legende verbonde van ’n Romeinse vrou, Bernice, wat Jesus so jammer gekry het toe Hy by haar huis verby gegaan het, dat sy die sweet van Sy gesig met haar doek afgevee het, en toe later die afdruk van Sy aangesig daarop gevind het. Sy is tot ’n heilige verklaar met die naam ,,die heilige Veronica.”